Return to Brief Summary index Front Page
Afrikaans 'n insae in en 'n Kort Samevatting

van 1 van 12

Die Belydenis van Waarheid

Die finale boodskap van God aan die mensdom. Hierdie belydenis is die lewende woord van God, synde die "Herstel van die Waarheid" op aarde.

Alle siele, wat inwoon in die materi'le vleeslike liggaam op hierdie vlak van bewussyn, sal 'n spoedige innerlike siele reiniging ondergaan. Dit sal wees die reiniging van die basiese energie van negatiewe emosies (sonde) tot 'n meerdere of mindere mate.

Tydens hierdie proses sal alle siele hul verlede moet tegemoetgaan; maai wat hulle gesaai het met ander woorde welke leed hul aan ander gebring het, sal nou aan ons gedoen word.

Siele sal almal in waarheid aan God hul dade vertoon. Tydens hierdie tydperk van skeiding sal hulle wat volhard in sonde (selfs pyn aan ander besorg) saamgevoeg word in een koue donker plek (hel). Hulle wat die roepstem van liefde hoor en dit nie teenstaan in enige opstand nie en dus die oproep van Jesus tot vrede navolg, sal hemel toe gaan.

Alle siele sal nou geskei word, nl. die regverdiges vanaf die goddeloses, en elke siel sal sy eie heil uitkies deur sy dade.

GOD SPREEK - Ek sal nou die uitstorting van my Heilige Gees verskerp ten einde gouer die negatiewe energie van sonde te onttrek. Telkens dat u ander misbruik, trek u die negatiwiteit wat sonde vergroot na binne wat dan weer die reiniging van jou siel teenwerk.

GOD SPREEK - Tydens hierdie tyd van innerlike reiniging sal almal maai wat hul gesaai het teen 'n vinniger tempo. Welke leed u aan ander gedoen het sal deur jouself ervaar word deur die hande van ander. In God se o' is almal susters en broers, en wat u gedoen het en steeds doen teenoor ander sal na u vinniger en meer dikwels terugkeer deur die hande van ander.

GOD SPREEK - U wat steeds my oproep tot liefde en vrede verontagsaam , sal in die hel opgesluit wees vir 'n baie lang tyd. Se'n hulle wat jou misbruik, bewys vir my jou vergewingsgesindheid teenoor hulle. Nou is die tyd om Jesus te volg en om gereed te wees om soos 'n lam te sterf indien jy te staan kom voor vernietgende magte. Daardeur is u gehoorsaam aan my roepstem tot nie-vergelding en dan slaag u die toets, deur my te bewys van jou geloof in My Woord.

2 van 12

GOD SPREEK - Almal wat na hierdie roepstem luister sal gereinig word van alle innerlike sonde en sal soos Jesus 'n gekerstende siel word. Dit beteken, vry van innerlike sonde, en wie na My sal terugkeer wanneer jou vleeslike liggaam onbewoonbaar (dood) word in die aardse sin. Almal wat in My glo moet bereid wees om hulle wat aan sy deur klop, te help met kos, verblyf en liefde.

GOD SPREEK - Om in My woord te verbly moet bose gedagtes uit jou gedagtes gehou word en dit word bewerkstellig deur die ARK van die Verstand te bou. 'n Versperring van liefde tussen die negatiewe gevoelens en die verstand. Iemand wat nie hierdie versperring oprig nie sal oorval word deur besete gedagtes en dan so 'n marionet word van die duister en sal deur hul gebruik word om ander te vernietig en as jy dan sterf sal jou siel beland in die donker angsvolle vernietigende put.

GOD SPREEK - Wanneer jou sonde oprys in jou siel voordat u gereining is deur My genade sal die sonde sy volle sterke bewys en sal aldus bly voort bestaan. Dit is dus van die uiterste belang dat jou gees versterk word deur My wysheid voordat dit plaasvind. Want die siel moet daagliks gereinig word van negatiewe gedagtes deur My aan roep met die bou van die ARK van die Gees. Wanneer jou emosies baie kwesbaar is dan is dit tyd dat die sataniese kragte maklik jou gees kan versteur.

ONTHOU - Om te kan volhard in my roepstem tot geen vergelding en om barmhartig, begripvol, vergewendgesind en ontfermend te wees, moet bose gedagtes verban word. Indien u kwade gedagtes koester, is u verlore.

GOD SPREEK - Die enigste manier om die Gees te versterk en suiwer te hou is: om met liefde daagliks te bou aan die ARK van die Gees met liefde wat voortvloei uit die Môrester gebed. Dit word aangewakker deur die volgende te spreek of te dink:

Jesus - Ek sien u skitterende ster
Jesus - Bly by my
Jesus - Asseblief help my en red my

Hulle wat nie geglo het dat Jesus die aardse boodskapper van God was nie, kan die volgende gepredik het:

Skepper van die Hemele - Moeder van Liefde Ek sien u ster - skyn omhoog
Asseblief reinig my siel met u liefde
sodat ek u roepstem van omhoog kan aanhoor

GOD SPREEK - Hierdie gebede moet driekeer per dag gebid word. My ster skyn oor almal, Almal is My kinders.

3 van 12

GOD SPREEK - Die eindbestemming van elke siel is op die spel. U kies u eie bestemming deur eie dade. Hulle wat arrogant en ongehoorsaam is, sal daal voor eindelose tyd in 'n yskoue duisternis. Hierdie intensiewe reiniging van die siel geskeid eenkeer in 'n miljoen jaar. Die oop venster van die hemel sal gesluit wees vir hulle wat gedurende hierdie tyd struikel.

GOD SPREEK - As u glo in My woord soos oorgedra na die aarde deur Jesus en ander broers en susters oor die eeue, as 'n bevel van My, dan moet jy jou geloof bevestig deur jou dade. Lê u wapens neer en staan ongewapen voor My. Dit is nou die tyd dat My wil geskied op aarde soos voorspel.

GOD SPREEK - Die planeet, aarde, is maar 'n tydelike verblyf. Onbegryplike wonders is vir hulle wat die boodskap toepas en daarin glo. Wees moedig in die aangesig van teenspoed want dit is nou dat jy op die proef gestel word. Hou op om pyn aan ander te veroorsaak en word vry.

GOD SPREEK - Ek s'en jou met al die wysheid en elkeen wat moeite doen en probeer, sal gered word en verhef word deur My engele tot in ewigheid en die paradys waar hul vleeslike liggame onbewoonbaar sal word ( dit is die aardse dood ). Jy kan nie die katastrofale krag van negatiewe denke begryp nie want dit sal nou toeneem met vernietigende doelwitte. Kranksinningheid sal toeneem en onredelikheid sal die oorhand kry. Onderskat nie die noodsaaklikheid om die ARK van die Gees te bou nie want u sal verlei word om daarteen op te staan.

GOD SPREEK - My liefde is onvoorwaardelik en word uitgestort oor beide die regverdiges en die sondaars. My vergewindsgesindheid is sodanig dat ongeag wat jy gedoen het, jy altyd welkom tuis sal wees-hetsy wanneer jy die Goddelike wet nakom van "maai wat jy gesaai het" of dat jy vir My deur jou dade bewys dat jy die weg van jou broer Jesus volg en "soos 'n lam ter slagting gaan." So toon u aan My dat jy gehoor gee aan My oproep tot vrede, geen weerwraak en geen konfrontasie. Mag die wysheid van hierdie wet jou gids wees in die toekoms met die kennis van waarheid en die wysheid van liefde.

GOD SPREEK - My lig het weereens die aarde bereik om My woord na die ganse mensdom uit te dra. Ek versoek hulle wat die moed het wat hierdie boodskap deur My seun Terence sien of hoor, hy wat die skrywer is met My pen, om hom te help om die laaste oproep te versprei sodat almal vinning versterk kan word met sy wysheid en liefde. Hulle wat dit doen is My ware ligdraers aan wie ek My kinders toevertrou en aan wie My se'ninge daagliks toevloei.

Ek stuur My liefde, probeer en glo asseblief.

4 van 12

Die Staf van die Herder

DIE WAARHEID - is die kruis van die kern, synde die boodskap van die kruis, om te verseker dat jy op "jou dag" nie moet vergeld nie.

DIE LIG - is die wysheid van verre, gesimboliseer deur Môrester van Christus, sigbaar in 'n aardse wyse vir enigeeen wat wil vergelding doen.

DIE WEG - is God se woord van vrede - nie die swaard, van genade en barmhartigheid nie maar wat slegs liefde laat toevloei

Dus die Staf van Die Herder is God se mag, wat met groot moeite aan jou geopenbaar is, en as die krag van God se woord u steun, dan sal alle innerlike duisternis deur God van u weggeneem word.

~~~

Welke geloof is die WARE GELOOF - O God in die hemel
moet my asseblief nie hierdie wysheid ontneem nie.

Die ware geloof is een - dit is MY WOORD
Hulle wat dit nie verstaan nie - dink dit is belaglik
Godsdienstige geloof - is een van die mensekind
en deur die dwaasheid - is die mens 'n gevangene

Kronkelend en wykend vra ons - welke weg ons moet volg
wat is die regte kant - maar dit is iets wat jy nie ken nie
daarom sê ek - jou sien dit duidelik
dat jy direk na My jou God moet kom

LUISTER NA MY WOORD - elke dag
LUISTER NA MY WOORD - en bid elke dag
VOLHARD IN MY WOORD - dit is My versoek
VOLHARD IN MY WOORD - dit is jou enigste roeping

God se enigste gebod

LIEFDE VIR MEKAAR

5 van 12

SONDE : dit is die saad van duisternis in die siel

Daar is heelwat verskillende sondes in die siel van 'n ontluikende gees b.v. Angs - Haat - Boosheid - Gierigheid - Jaloesie - Wraak - Kritiek ens.

Hierdie "energie" is ontsluit van die negatiewe deel van die algemene bron van energie (vernietigheid), Dit omring die liggaam die kern van die siel wat die goddelike sprankel van God is. Dit is die positiewe en emosionele gevoel van liefde en geluk, (Skeppend).

Om te sondig is Die daad om geestelike, emosionele en fisiese pyn aan ander te doen.
Om te sondig is - Die handeling om met geweld vir jou naam te maak vir eie gewin.
Om te sondig is - Die negatiewe kragte wat beheer op aarde wil die insamelaar van geweld deur die onverstandige.
Om te sondig is - Anti Christus, anti liefde, ongenadig en onvergeeflik.

Ons sondig omdat ons toegee tot negatiewe denke wat ons gedagtes binnedring deur die golwe van die sondemag. Hierdie sondemag is die "poort" waardeur ons gedagtes deur telepatie beinvloed word.

Dit is die negatiewe gedagtes wat die vleeslike liggaam aanspoor om misdade in God se o' te pleeg deur mondelings of liggaamlik aan die negatiewe kant op te tree. Dit is deur die daad van sonde dat ons die duisternis versprei wat ons sal be'rwe.

Die krag van die sonde IS die duiwel. Deur te sondig stel ons negatiewe energie vry wat in sterkte ooreenstem met energie wat deur die mag van sonde vloei.

Die hoogste beperking van die duisternis wat ons kan uitgiet sal afhang van die "omvang" van duisternis wat in ons is. Die verskeie negatiewe emosies binne ons het verskillende omvang. Ons negatiewe dade (sonde) het die duidelike doel om pyn te veroorsaak en misleiding te versprei.

Hierdie kragte is die oorspronklike sonde wat ervaar word deur die ontplooiende gees in sy evolusionêre ontwikkeling. Dit is stewig in ons siel gevestig in verskeie veranderlike samestellings.

Die vloei van universele liefde verwyder hierdie magte uit ons siele op 'n deurlopende basis, todat ons siel bevry is daarvan en uiteindelik gesuiwer is (Christen siel). Dan het jy net innerlike lig binne.

6 van 12

REGVERDIGHEID

Die ware regverdigheid van God se wet soos tans geopenbaar is:

1 - Ons sal maai wat ons saai op die tyd en plek soos deur God wat ons geroep het, bepaal.
2 - Wie ookal misbruik was en gely het onder pyn, hetsy geestelik of emosioneel of fisiese verlies ervaar het: Laat die ganse mensdom weet dat hierdie siel ook dit voorheen aan ander gedoen het.

OORDEEL

Wanneer u eendag voor die Here staan, volgens die geloof van mensekinders - en nie volgens die ware woord nie - sal ons wat onsself oordeel, sien dat ons oordeel ons eindbestemming is.

U - Roeping is om die taak te verrig sonder selfsug met geloof, hoop, barmhartigheid en vergiffenis in u hart.
U - Poging word benodig om nie deel te word van wat rondom u aangaan nie.
U - Poging is nodig om Christus se woorde te onthou n.l."Vergewe hulle want hul weet nie wat hul doen nie."
U - Grootste poging is nodig om innerlike negatiewe gedagtes te oorkom en om uit te styg deur u gees en u optredes.
Onthou - Indien u nie die bogenoemde nakom nie sal u siel in afwisselende grade beheer word deur onsigbare donker magte en u dade sal bedenklik en buite jou beheer wees.

Onthou - Alle siel word beproef en verhef in verskillende hoogtes.

Onthou - Sonde en negatiewe gevoelens word na vore gebring om gesuiwer te word in liggaam en gees.

Onthou - Vermy konfrontasie, en loop weg van agressie.

Onthou - Moet nie uself bewapen nie, dit versterk agressie en verlaag die vlak van u geloof.

Onthou - God is aan u sy, doen slegs wat Hy sou doen en voel Sy teenwoordigheid aan.

Onthou - Om die hemel te verdien, moet u heen gaan sonder sonde.

Onthou - Vergelding van ons vorige sondes sal van baie hande kom.

Onthou - Christus Jesus is ons hoop.

7 van 12

GOD SE GELOOFSBELYDENIS

Ek is die bron van ewige liefde
Ek is die bron van ewige waarheid
Ek is die gewer van alle lewe
Ek gee myself aan almal wat my roepstem gehoorsaam

~~~

CHRISTUS SE GELOOFSBELYDENIS

Die belydenis van Christus bepaal:
Wees vandag gehoorsaam aan my - die Seun van God
Ek sê - moet geen ander roepstem
of versoek luister nie behalwe dié van God

Daagliks - gee die ander wang
Streef daagliks om nederig te wees
Wees vergewensgesind en wees verseker
genadiglik teenoor hul wat klop aan u deur

Vertel aan ander - dat ek glo dat Christus
deur God die Vader uitgekies is om my die
ware weg te wys
en dat ek daagliks sal bid

Ek kyk na die helder Môrester
wat op my van ver skyn
dit reinig my gemoed met die liefde van God
terwyl ek my verbly in die roep van haar vredesduif

Dit is Ek - wat my wederkoms aankondig met die gesag wat ek verdien het en die boodskap van die helder Môrester is jou bewys - gestuur deur die Vader van ver.

Die rede, waarom ek terugkeer om die leerstelling van ons Vader en Moeder op hierdie tydstip te bring is dat mensdom gedurende die laaste tweeduisand jaar die geskrifte verdraai het tot sy eie ondergang.

Dit is nou uiteindelik dat die gewone mens die opleidingsvlak besit om die volleboodskap met sy "bitter" implikasies te verstaan en beskik nou oor 'n "alledaagse" taal en kommunikasie middele om die boodskap vinnig oor die planeet te versprei.

8 van 12

God se weg

U "huis" synde u geestelike siel sal slegs op "vaste rots" staan indien u glo in die woord van God, nl.

" Het mekaar lief"

Christus se Belydenis

Glo in my, die Seun van God, en vervul daardeur God se wil.
Gee Daagliks die ander wang.
Moet nie ander ongelukkig maak nie.
Wees genadig met almal.
Vrede vir die hele mensdom.
Streef om sagmoedig te bly.
Wees vergewensgesind, verseker.
Glo dat ek deur God uitverkies is.
My weg is die enigste weg.

God se Woord en Waarheid

Geen Vergelding: lê u wapens neer en wees bereid om te "sterf" soos 'n lam na die altaar.
Volg in Jesus se voetspoere, deur gehoor te gee aan die opdrag hierbo deur "dade" en Ek jou God sal jou red.

Jy sal maai wat jy saai.

Gehoorsaam die boodskap van Jesus wat deur My gestuur is.
Gehoorsaam nou hierdie boodskap wat deur Terence gestuur is.

Eenmaal sondevry dan sal u siel "heropstaan" in sy geboortplek, My wêreld, die hemel.
Almal is My dogters en seuns.
MY Wysheid "deur" Jesus is die "Brood," neem hierdie leerstellings in deur Jesus, dan sal jy waarlik aan lewende water teug.

Die belydenis van die mens moet wees: Ek glo dat Jesus deur ons Vader gestuur is, en daarom, ek sal sy boodskap glo en dit daagliks uitleef.

Dit is die verlydelike fluisterstemme van die slang, wat beweer dat "Jy mag jou lewe verdedig en 'n ander doodmaak in self verdediging omdat jou sondes reeds vergewe is deur die kruisiging van God se enigste Seun wat vir ons sondes gesterf het."

Hierdie algemene opvatting is die algehele ontkenning van God se heilige en lewende woord.

Spreuke: Wees lief vir mekaar.

Wees genadig - barmhartig - verstandig - vergewensgesind.

9 van 12

Die STER VAN BETHLEHEM

Die Môrester-gebed en bepeinsing

Wanneer een van hierdie bepeinsings gebede driekeer per dag gebid word, dan word die ARK van die siel geleidelik gebou. Dit gee ons innerlike en geestelike reiniging en versterking wat terselfdertyd die onsigbare krag van negatiewe denke verminder.

Ek herhaal, begin vandag sodat u innerlik versterk kan word voordat u gees besoedel word. Met hierdie innerlike versterking is ons kalmer in die aangesig van teenstand en het meer beheer oor ons dade, wanneer ons donkere en innerlike sondes opstyg (negatiewe emosies) word dit uit ons siele verwyder deur God se genade.

Kinders, kinders, julle moet bid tot Jesus elke dag, vra vir liefde en sterkte vir julle sodat julle kalm en opreg kan wees.

Kinders, van die toekoms ek het julle liefde nodig en julle myne, wees sterk, kalm en rustig en onthou dat Jesus jul lief het.

Kinders, vertrou op my dag na dag, sodat jul hart nie sal afdwaal, wanneer alles rondom jul begin in duie stort, neem my liefde aan en jul sal vol selfvertroue wees.

Kinders, kinders, wees nou rustig, vertrou op my en ek sal jul leer hoe om hierdie woorde driekeer per dag, te sê om soos volg tot Jesus te bid:

Kinders:

Ek sien die ster van Bethlehem - hoog daarbo my
Glansryk en pragtig en gevul met Goddelike liefde
Ek sien 'n wit lig wat van die ster af skyn
wat my liggaam reinig met sy krag van verre
wondebare Jesus - wees nou asseblief by my
vul my met lig en bevry my siel

Volwassenes:

Jesus - ek sien u ster skitter
Jesus - bly by my
Jesus - help en red my asseblief

Alle mense van welke geloof ookal wat nie glo dat Jesus die boodskapper van God op aarde was nie, kan enigeen van bogenoemde gebede bid of kan soos volg bid:

Skepper van die hemele - Moeder van liefde
ek sien u ster wat van bo skyn
reinig asseblief my siel met al u liefde
sodat ek kan agslaan op u oproep tot vrede van omhoog

Hierdie oordenking is die sleutel tot die "bron" van innerlike liefde die ewige vlam van lig en liefde in elke siel. Dit kan die negatiewe vloei van gedagtes in ons gees "afbreek" en dan die geestelike siel genees sodat die algehele mens op alle gebiede "rustig" kan wees.

Onthou die waarheid van Christus: Gaan in Vrede, dit is die enigste weg.

10 van 12

Die onsigbare mag van die duisternis is die "gevangeneming" van die samehang van jou gedagtes, wat jou gedagtes kan laat dwaal in eindelose sirkels van bekommernis, of ongedane sake, of onvergeeflike gedagtes van dade uit die verlede wat alles kan meewerk tot meer spanning, verwarring, geestelike uitputting en neerslagtigheid.

Die Slang neem ons geestelik gevange en het ons laat glo dat "ons" geen geetelike vrede sal vind totdat ons die probleem opgelos het deur daaroor na te dink in 'n poging tot 'n oplossing nie. Dit is misleidend aangesien daar geen oplossing vir hierdie probleme is nie asook geen einde aan die onuitputlike gebiede van "soeke" solank ons geestelik aangeskakel is aan ons negatiewe emosies tot die "Fluisteringe van die Slang.."

Die Slang beheer geleidelik ons gedagtes wat die bron is van ons uiterlike dade wat meer onwerklik en selfs dodelik is vir onsself en ander. Daarom, verwerf ons slegs vrede deur die staking van negatiewe of verwarrende gedagtes. Vrede word slegs verwerf deur die "breek van die houvas" oor ons verwarde gedagtes. Dit gebeur tydelik elke keer wanneer ons in oordenking bid en gee vir ons 'n geestelike ruskans.

Ons is ook te alle tye geestelik (telepatie) verbind met ander siele op ander vlakke van bewussyn naamlik deur die golwe van ons negatiewe emosies. Dit is ook hul gedagtes wat die bedrieer gebruik om tot ons deur te dring. Hul is bewus dat hul tot "ons" verstand deurdring. Hul besef nie dat hul ook "misbruik word" op dieselfde wyse vanuit ander oorde nie. Daarom moet hul ook telepaties deur ons aangemoedig word om die Ster Bepeinsing te gaan doen sodat hul hulself kan bevry van negatiewe denke. Dit sal ook die innerlike geestelike roos besproei met liefde.

En hul moet deur ons gedagtes vertel word om nie verder kontak met ons te soek nie. Baie van hierdie wesens is ons voorouers wat poog om ons hier te begelei met hul verwarrende voorvaderlike geloof. Hul besef egter nie dat hul "beheer" oor ons teen God se wil is nl. dat almal moet vryheid van keuse en spraak hê.

Vertrou nou op God. Laat die lig van God die betowering van die invloed van die slang verbreek. Gee vir ons driemaal per dag tyd sodat ons verstand gesond kan bly totdat ons God, ons Skepper van lig, en liefde, die negatiewe denke uit ons siele verwyder het. Dit is slegs dan wanneer die gang na die duisternis toe is en dan as daar nie meer 'n weg is waardeur negatiewe denke ons gedagtes kan bereik nie, dan sal ons uiteindelik helder denke en vrede van binne ervaar.

Vertrou op God - laat dit so geskied
Vertrou op God - so word u bevry.

11 van 12

'N KORT SAMEVATTING

God spreek: Om die beloofde land na aardse afsterwe te bereik, moet u die slegte gedagtes uit u gees verdryf sodat u in vrede met ander kan lewe.

Dit word bewerkstellig deur te dink aan die Môrester, dit is die Star van Bethlehem, en om driekeer per dag die Stergebied te bid.

Diegene wat sê -

Jesus - ek sien u Skynende Ster
Jesus - bly by my
Jesus - help en red my asseblief

Of

Skepper van die hemele - Moeder van liefde
ek sien u Ster - wat omhoog skyn
reinig asseblief my siel met al u liefde
sodat ek u vredesgeroep van omhoog kan aanhoor.

God reinig die slegte gevoelens van kwaad, vrees en haat uit ons, daardie gevoelens wat aangroei elke keer dat ons andere misbruik. U sal nog slegter word en meer skade veroorsaak voordat u verlos is van die innerlike donkerte. Hierdie baie slegte gedagtes sal probeer om u te beweeg om ander te misbruik en seermaak.

Alle slegte dinge wat u gesê of gedoen het teenoor ander sal aan jou deur ander gedoen word. Ek vra u om niks terug te doen wanneer iemand jou uitskel of aan jou slaan nie. Slegs lafaards en diegene wat nie My woord van "geen vergelding" aangehoor het nie, slaan terug.

God se enigste gebod is: "Het mekaar lief." U moet almal respekteer en veral teenoor die slegte mense al wil hul u ook doodmaak. Omdat, wat ookal met u gebeur is 'n "terugbetaling" van wat u voorheen aan ander gedoen het hetsy in hierdie of 'n ander lewe.

Almal moet Jesus volg en nie wraak neem indien uitgedaag word nie. Baie sal gou sterf soos hul misbruik word. Elkeen wat Jesus volg soos 'n "lam" en nie terugveg nie sal opgaan na die beloofde land wat baie name het. Sommige noem dit Hemel. Hul vleeslike liggaam sal op aarde bly. Dit is die siel binne wat sal opstyg na 'n geluksalige plek vir ewig en altyd.

Almal wat volhard om ander te misbruik en terugveg omdat hul gedagtes sterk is op 'n slegte manier, sal wanneer hul sterf na 'n koue, donkere, angswekkende plek gaan. Sommige noem dit die hel.

U moet ernstig probeer om nie lyding aan ander te veroorsaak nie. Almal is susters en broers in God se oog. Slegte mense sal goed word wanneer hul gereinig word van innerlike kwaad.

As u die Stêrgebed opsê dan sal dit makliker wees om kwade gedagtes af te weer. Sodat wanneer slegte mense u wil misbruik kan u God makliker in ag neem sonder om wraak te neem.

12 van 12

Om die beloofde land te bereik moet u slegs ag slaan op God se boodskap gestuur deur my - EN - toon aan God dat deur u goeie dade u hom aanhang.

U moet die slegte dinge wat aan u of u familie gedoen is, vergeet. Hulle het slegte dade gepleeg omdat hul gees swak was en hul nie geweet het hoe om slegte gedagtes uit hul gees te hou nie.

All slegte gedagtes kom van die duiwel. Almal van ons het op 'n stadium toegelaat dat slegte gedagtes ons gees binnedring. Ons het dus op 'n stadium verkeerde dade gepleeg. Laat ons mekaar vergewe vir ons onkundigheid. Ons moet nou almal poog om goed te wees.

Help die slegte mense deur hul te vertel van hierdie gebed sodat hulle gedagtes goed kan wees en hulle kan ophou om slegte dade te pleeg. Help diegene wat in moelikheid verkeer. Deel hierdie boodskap en u voedsel met hul. Selfs met diegene wat u misbruik het. Dan kan God sien dat u genadig en vergewensgesind is.

Indien u deur enigeen versoek word om 'n ander dood te maak, moet u weier. U hang dus die roepstem van God aan en nie dié van die mens.

Hierdie boodskap kom tot u direk van God deur sy aardse boodskapper Terence

Dra hierdie boodskap aan almal oor. Die liefde van God is met u gese'nde siel.

Kopiereg van hierdie pamflet is vry.

Web URL http://www.the-testament-of-truth.com
http://www.the-testament-of-truth.co.uk

~~~~~~

To top of page Front Page